Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 21 FEBRUARIE 2016

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-posteontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

RADIO LISENSIE FOOIE VERHOOG VANAF 1 APRIL

HAMNET SUID GAUTENG BETROKKE BY TWEE GEBEURTENISSE

OU ROEPSEIN BOEKE AFGESTOF

SARL HELDESAAL GELOODS

EN DIE EERSTE SARL DIGITALE KOMPETISIE VOLGENDE WEEK OP DIE LUG

Bly ingeskakel vir hierdie en ander interesante nuus items

** Radio lisensie fooie word vanaf 1 April 2016 aangepas. Amateurradio lisensie fooie sal voortaan R 126-00 per jaar beloop. Deur gebruik te maak van ‘n 5 jaar lisensie kan amateurs darem so bietjie verskansing teen hierdie tarief verhogings geniet. ‘n 5 Jaar lisensie beloop tans R 525-00. OKOSA het aangedui dat hul teen die komende week sal begin met die prosesering van fakture wat beteken dat ons die nodige papierwerk binne die volgende paar weke behoort te ontvang.

Wanneer jy besluit om die 5 jaar betaal opsie te gebruik, verwittig asseblief vir DKuhrau@icasa.org.za deur ‘n epos met die bewys van betaling, lisensie nommer, roepsein en versoek om om te skakel.

OKOSA verkies elektroniese oordrag van fondse. Die nodige inligting hiervoor kan vanaf die SARL webblad, www.sarl.org.za, verkry word

** Verlede Sondag 14 Februarie 2016 was die span van HAMNET Suid Gauteng betrokke by die jaarlikse “Dischem Ride for Sight’ fietsren gehou in Boksburg, Alberton, Midvaal en Heidelberg. Sowat 37 radio amateurs het hul dienste, onder die bekwame leierskap van Leon, ZS6LMG, en Glyn, ZS6GLN, verskaf.

Twee roetes wat gestrek het oor 116 en 63 km is gedek deur 5 waterpunte en 18 mobiele operateurs. Die gebruik van APRS het die nasporing van sleutel voertuie in die Gesamentlikke Operasionele Sentrum moontlik gemaak. Die vinnige optrede van radio operateurs gedurende die geleentheid het dit moontlik gemaak om ‘n paar probleme spoedig die hoof te bied. Die organiseerders het teen die middaguur die wedren gestaak weens hoë temperature.

HAMNET Suid Gauteng en hul medewerkers is weer vandag, Sondag 21 Februarie 2016, betrokke by die “Carnival City, Macsteel National Classic fiets resies” betrokke.

** Gary Immelman ZS6YI is tans besig om ou roepsien boeke wat deur die SARL gepubliseer is digitaal te omskep en te berg in ‘n dropbox rekening waar dit dan vir almal wat belangstel beskikbaar sal wees vir aflaai. ‘n Skakel hiervoor is reeds beskikbaar op die algemene forum van die SARL webblad.

As jy dalk oor roepsein boeke beskik wat nie op die webblad beskikbaar is nie versoek Gary jou om met hom in verbinding te tree ten einde ‘n kopie daarvan te bekom. Hy poog om die inligting so volledig moontlik te maak. Kontak vir Gary by gary@meds.co.za

** Die eerste persone wat tot die SARL heldesaal toegelaat word sal tydens die SARL Gala dinee in April bekend gemaak word. Die toekening erken Suid Afrikaanse radio amateurs wat ‘n blywende bydrae gemaak het tot amateurradio. Die poog ook om die geskiedenis van ons stokperdjie in Suid Afrika te bewaar.

Nominasies vir persone om tot die heldesaal toegelaat te word moet in die vorm van ‘n opstel, tussen 200 en 500 woorde lank, ingedien word. Daar word sterk gefokus op die insluiting van fotos ter stawing van die voorstel.

Deurlopende aktiwiteit van ten minste 5 jaar word vereis en die uitkoms hiervan moet amateurradio in geheel vir dekades daarna baat.

Aanbevelings wat aan hierdie vereistes voldoen sal aan die SARL AJV Notule geheg word en sal ook beskikbaar wees op die SARL webblad.

Aanbevelings moet voor die einde van Februarie ingedien word. Die 11 aanbevelings wat reeds ontvang is en aan die kriterea voldoen, is reeds op die SARL webblad beskikbaar gestel onder die “Activities” hofie. Daar is egter nog ‘n magdom persone wat aan die vereistes voldoen en wat op hierdie manier in ons geskiedenis verewig moet word.

** Mike Bosch het die volgende BHF rekords wat gedurende die afgelope jaar opgestel is onder ons aandag gebring

40 MHz, 8m, Digitaal:
Ian Roberts, ZS6BTE, en Willem Badenhorst, ZS6WAB, dek 288 km deur FSK441 via Tropo Strooi op 16 Augustus 2015.
Andre Botes, ZS2ACP, en Willem Badenhorst, ZS6WAB, dek 1184 km deur FSK441 via Meteor Strooi op 6 September 2015.

50 MHz, 6m, Digitaal:
Ettienne Vosloo, ZS1AX, en Jan "Pine" Pienaar, ZS6OB, dek 1290 km met FSK44l op 17 January 2015 via vliegtuig strooing en heel moontlik ook hoe vlak tropo geut kondisies

144 MHz, 2m, Analoog:
Andre van Deventer, ZS2BK, en Phillippe Mondon, FR5DN, dek 3245 km met ESSB via Tropo geut kondisies op 7 Oktober 2015.

Neem kennis, die jongste SARL rekord tabel word tans hersien en sal binnekort in ‘n nuwe formaat beskikbaar wees op die SARL webblad.

** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

ZS1AAC: Johan M Becker
Die volgende klubs het 'n aansoek gerig om geafilieer te word.

. Hammies Amateur Radio Club: ZS2ZU: Port Elizabeth

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

** Jy kan aansluit by die SARL vir die oorblywende tydperk van die Finansiële jaar teen slegs R240 as 'n volle lid. As jy 'n pensioenaris is en oor 65 jaar oud is, kan jy aansluit teen slegs R140. As jy nou aansluit sal jy 'n lid wees tot 30 Junie 2016 wanneer die SARL vir jou 'n faktuur stuur vir lidmaatskap vir die volgende jaar. Kry volledige besonderhede op www.sarl.org.za en kies lidmaatskap in die linkerkantste kolom. Vir meer inligting skakel Vonnie by die NARS by 011 675 2393. Sluit aan by die SARL vandag, dit is die regte ding om te doen as amateur radio belangrik is vir jou.

** Die frekwensie teller boustel van die SARL is nou weer beskikbaar via posbestelling of deur dit af te haal by die SARL kantoor. Twee opsies is beskikbaar vir die versending van die pakkie naamlik Poskantoor of Postnet

Hierdie boustel kan frekwensies tot op 40 mHz meet, het ‘n frekwensie resolusie van 10 Hz, en gebruik minimale stroom om aan te dryf. Hierdie is die ideale projek vir ‘n naweek, so spring gou om teleurstelling te voorkom.

Indien jy meer funksionaliteit benodig kan jy die nodige komponente, waarvoor daar reeds voorsiening gemaak is, ook aankoop wat die teller dan selfs meer funksioneel sal maak in die amateurradio hok. Die boustel is ook aanvaarbaar ten opsigte van die regulasie wat bepaal dat elke radio amateur moet beskik oor akurate frekwensie meet toerusting.

Trek nou voordeel uit die Paas afslag vir SARL lede deur voor 23 Maart te bestel en ‘n ekstra 10% korting op die koopprys te kry. Bestel vorms kan vanaf die SARL webblad verkry word.

** Die eerste Digitale kompetisie vir 2016 sal plaasvind vanaf 13:00 UTC tot 16:00 UTC op Sondag 28 Februarie 2016 met PSK en RTD op 80 meter, 3 580 tot 3 600 kHz; 40 meter, 7 040 tot 7 060 kHz en 20 meters, 14 070 tot 14 099 kHz.

'n Stasie kan twee keer per band gekontak word, een keer op RTD en eenkeer op PSK.

Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Kontakte met stasies in Suider-Afrika is 3 punte werd en kontakte met stasies buite Suider-Afrika is 1 punt werd. Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel formaat en getitel "jou roepsein Digitale Kompetisie" moet teen 6 Maart 2016 per e-pos aan contest@sarl.org.za versend word


** Logstate vir die Nasionale Velddag moet teen middernag vanaand versend word aan zs4bfn@gmail.com of zs4bfn@mweb.co.za

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 27 Februarie 2016 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Johan ZS6JVV 082 558 5811.

** Die SARL nuusspan is voortdurend op soek na nuwe talent wat kan help met die opstel/ vertaal, proeflees en selfs opneem van die weeklikse SARL bulletin.

Persone wat belangstel om betrokke te raak kan gerus navrae rig aan Dawie, ZR6DHC, by e pos zr6dhc@zs6rtb.co.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 39 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ons bulletin staan nou einde se kant toe maar kom ons kyk eers na die week se dagboek

21 Februarie - Zululand ARK se 21ste verjaarsdagmiddagete
24 Februarie - sluitings datum virartikels vir die Maart 2016 Radio ZS
27 Februarie - die Wesrand ARK Vlooimark
28 Februarie - die SARL Digitale kompetisie
29 Februarie - die Skrikkel jaar uitdaging
1 Maart - sluitings datum vir ADV. GG logstate

Om mee af te sluit ‘n kort opsomming van ons hoof item. OKOSA het ‘n styging in radio lisensie tariewe aangekondig. Amateurradio lisensie fooie styg tot R 126-00 vanaf 1 April 2015. Deur gebruik te maak van ‘n 5 jaar lisensie kan amateurs darem so bietjie verskansing teen hierdie tarief verhogings geniet.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX








Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003